Hartenbos Selfsorg Vakansie Akkommodasie
Die Villa Bouillon-konsep is ontwikkel deur Ernst van Biljon wat vakansie akkomodasie in die vorm van selfsorg eenhede aan die vakansieganger aanbied. Die see villas in Hartenbos is ongeveer 40 km vanaf George Lughawe. Dit is gelee aan die Kaapse Suidkus wat bekend is vir sy pragtige natuurskoon, verskeidenheid besienswaardighede asook ideaal is vir swem, visvang en walvis waarneming. Die villas is 'n gemaklike 250m stappie vanaf die gewilde Hartenbos strand en ook sowat 400m vanaf die pretpark en waterwurm asook van die nuwe Seefront ontwikkeling met bekende winkels en verskeie restaurante en bank geriewe.
Die villas bestaan uit Villa Magersfontein en 'n Villa Kleinmoerasrivier.
Villa
Magersfontein is 'n duet ontwikkeling in Hartenbos by die see
waar die twee eenhede 'n spieelbeeld van mekaar is. Dit is 'n netjiese en
moderne ontwikkeling wat bestaan uit 8 eenhede wat elk 'n onafhanklike ingang
het.
Villa
Kleinmoerasrivier bestaan uit 4 afsonderlike selfsorg
woonstelle op die plaas Klein Moerasrivier en is halfpad tussen Hartenbos en
Oudtshoorn.
BELANGRIKE NOTA: ALLE BESPREKINGS BY VILLAB WORD GEDOEN MET INAGNEMING VAN DIE VERBLYF VOORWAARDES OP DIE WEBBLAD.
Kontak Villa Bouillon
Ernst van Biljon
Tel: (044) 695-2293
Sel: 0833 822 007
Faks: 0866661944
email: [email protected]
webblad: www.villab.co.za (English)