Soos wat almal weet is die Afrikaner egter ook nie engele nie en moet jy oujaarsaand dubbel seker maak dat jy uiters versigtig in Paardekraalweg langs beweeg. Dit is hier waar die jongmanne jou graag sal wil bykom met 'n waterbom - hou maar jou motor se ventsers toe! Dalk is dit veiliger as jy saam met jou gesin strandlangs stap tot by Diaz-strand om oujaarsaand deel te wees van die asemrowende vuurwerke en nuwejaars-jolyt wat kan aanhou tot vroegdag. Gedurende Desembermaand kan jy ook na menige Afrikaanse kunstenaar gaan luister wat spesiaal deur die ATKV vir jou as Afrikaner uitgenooi word om hier op te tree. Jy kan hier saam met jou mede Afrikaners op die hoofstrand bymekaar kom om saam met bekende besoekende kunstenaars spontaan tot laat nag bekende FAK liedjies te sing.
Tans
bestaan die see villas uit Villa Magersfontein. Daar is ook 'n plaas
villa, Villa Klein Moerasrivier, terwyl 'n hengel villa langs die
Gouritzrivier beplan word.
Die
see villas in Hartenbos is ongeveer 40 km vanaf George Lughawe. Dit is
geleë aan die Kaapse Suidkus wat bekend is vir sy pragtige natuurskoon,
verskeidenheid besienswaardighede asook ideaal is vir swem, visvang en walvis
waarneming. Die villas is 'n gemaklike 250 meter stappie vanaf die
gewilde Hartenbos strand en ook sowat 300m vanaf die pretpark en
waterwurm asook van winkel en restaurant geriewe. Villa Bouillon word
omring deur areas van historiese nedersettings, wyn roetes en opwindende
vermaaklikhede wat wissel van 4x4 roetes, rekspronge, perderitte, helikopter
vlugte, dobbelhuise en onweerstaanbare strande.
Hartenbos
is geleë in die kom wat deur die majestieuse Outeniqua bergreeks gevorm
word. Slegs 35 km verder is 'n verskeidenheid van dorpies elk met sy eie
karakter soos die skilderagtige Heroldsbaai, gewilde Victoriabaai, gesogte
Vleesbaai, unieke Boggomsbaai, vissermans-droom Gouritzmond, aalwyn
gerigte Albertinia, rustige Herbertsdale, skilderagtige Robinsonpas en oud
wêreldse Oudtshoorn wat bekend is vir sy historiese geboue, olyfolie, Klein
Karoo wyne, witblits en volstruisplase.
Die
streek met sy meditereense klimaat is 'n hoof voorsiener van sappige aarbeie,
kwaliteit wyne, gesonde volstruis vleis, smaaklie karoo lammers, suiwer
olyfolie asook vis en ander heerlike vrugte soos waatlemoene, koejawels,
spanspek en lemoene terwyl die Langkloof met sy appelkose, pere, perskes en
pruime net om die draai is. Selfs vanuit Calitzdorp word die heerlikste vrugte
soetighede aangery en kan jy kies en keur na hartelus
Tans bestaan die see villas uit Villa Magersfontein. Daar is ook 'n plaas villa, Villa Klein Moerasrivier, terwyl 'n hengel villa langs die Gouritzrivier beplan word.
Die see villas in Hartenbos is ongeveer 40 km vanaf George Lughawe. Dit is geleë aan die Kaapse Suidkus wat bekend is vir sy pragtige natuurskoon, verskeidenheid besienswaardighede asook ideaal is vir swem, visvang en walvis waarneming. Die villas is 'n gemaklike 250 meter stappie vanaf die gewilde Hartenbos strand en ook sowat 300m vanaf die pretpark en waterwurm asook van winkel en restaurant geriewe. Villa Bouillon word omring deur areas van historiese nedersettings, wyn roetes en opwindende vermaaklikhede wat wissel van 4x4 roetes, rekspronge, perderitte, helikopter vlugte, dobbelhuise en onweerstaanbare strande.
Hartenbos is geleë in die kom wat deur die majestieuse Outeniqua bergreeks gevorm word. Slegs 35 km verder is 'n verskeidenheid van dorpies elk met sy eie karakter soos die skilderagtige Heroldsbaai, gewilde Victoriabaai, gesogte Vleesbaai, unieke Boggomsbaai, vissermans-droom Gouritzmond, aalwyn gerigte Albertinia, rustige Herbertsdale, skilderagtige Robinsonpas en oud wêreldse Oudtshoorn wat bekend is vir sy historiese geboue, olyfolie, Klein Karoo wyne, witblits en volstruisplase.
Die streek met sy meditereense klimaat is 'n hoof voorsiener van sappige aarbeie, kwaliteit wyne, gesonde volstruis vleis, smaaklie karoo lammers, suiwer olyfolie asook vis en ander heerlike vrugte soos waatlemoene, koejawels, spanspek en lemoene terwyl die Langkloof met sy appelkose, pere, perskes en pruime net om die draai is. Selfs vanuit Calitzdorp word die heerlikste vrugte soetighede aangery en kan jy kies en keur na hartelus