Oudtshoorn: Villa Bouillon - Klein Moerasrivier
Die plaas Klein-Moerasrivier is gelee aan die voet van die Robinsonpas in die Outeniqua Bergreeks op die R328 tussen Mosselbaai - Hartenbos en Oudtshoorn. Klein Moerasrivier is sentraal gelee, ongeveer 40km vanaf Hartenbos en 38km vanaf Oudtshoorn. Die plaas beslaan 200Ha waar ongeveer 200 skape, hoenders en ander lewende hawe aangehou word met 15 Ha onder Lusern en ander gewasse. Die Moerasrivier loop deur die plaas en pragtige piekniek areas langs die rivier sorg vir onvergeetlike en rustige oomblikke
Klein-Moerasrivier grens aan die asemrowende Attakwaskloof Natuurreservaat met sy eie 4x4 roete wat deur Cape Nature Concervation bestuur word. Dit is 'n area waarlangs die olifante destyds beweeg het en wat later as eerste verbindingsroete tussen die kus en die Klein-Karoo gebruik is. Dit is 'n ongerepte area ryk aan veldblomme en proteas.
Die plaas is ideaal vir 'n wegbreek naweek en is ook binne maklike reikafstand van die beroemde Kango grotte, Cango Wildlife Ranch, Calitzdorp Spa, Wynplase asook 'n versydenheid volstruisplase en ander besienswaardigheide.
Villa Bouillon - Klein Moerasrivier bied aan:
- Twee 2-slaap en Een 3-slaap rustieke huisies met:
- Mikrogolf
- Ys / Vrieskas
- Braaigeriewe
- Staproetes
- Piekniek geriewe
In die omgewing van Klein Moerasrivier is daar bekende areas met unieke plantegroei soos op die plaas Min Water. Die huidige eienaar, Mnr Louis Jordaan neem op afspraak belangstellendes op veld toere - doen asseblief navraag by die kantore van Villa Bouillon.