Double-click to start typing
Double-click to start typing
Double-click to start typing
Double-click to start typing
Double-click to start typing
Double-click to start typing

Villa Bouillon

Selfsorg Vakansie 
Akkomodasie

Spesifieke Voorwaardes van u Verblyf en Besoek

Ons bring graag die volgende onder u aandag:
No.
VOORWAARDES
1.
 Dit word geag dat enige persoon wat 'n bespreking by Villa Bouillon maak, hierdie voorwaardes gelees het en dat sodanige persoon onderneem om die inhoud hiervan onder die aandag van al die lede van sy groep te bring en aanvaar aanspreeklikheid daarvoor dat al die lede van sy groep die bepalings hiervan sal nakom
 2.
 Die reg van toegang word voorbehou.  'n Persoon wat hom volgens die oordeel van die Trust of enige persoon van die personeellede wangedra, moet op versoek die Villa verlaat.  Besprekingsgelde sal in so 'n geval nie terugbetaal word nie.
 3.
 Die gebruik van vuurwerke op die perseel van Villa Bouillon is STRENG VERBODE
 4.
 Die verantwoordelikheid om behoorlik toesig te hou oor babas, kleuters en kinders asook tieners berus by die persoon in wie se sorg hulle Villab binnekom
 5.
 Alle geriewe by Villab word op eie risiko gebruik.  Die Trust aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige beserings of skade wat mag voortspruit uit die gebruik daarvan nie en ook nie vir enige beserings of skade wat besoekers by Villab sou opdoen nie.
6.
 Besoekers mag ook oor geen mure of heinings klim nie.  Balle of derglike voorwerpe wat in aangrensende eiendomme beland mag slegs verwyder word nadat die eienaar van daardie eiendom toestemming daartoe gegee het.
 7.
 Besoekers bring hul eiendom en/of besittings op eie risiko na die Villa.  Die Trust is nie aanspreeklik vir die diefstal of verslies daarvan nie.
 8.
 Besoekers word versoek om die rustigheid van die omgewing ten alle tye te eerbiedig en nie musiek en/of musiek instrumente hard te speel nie.  Na 24:00 moet absolute stilte in die Villab gehandhaaf word.  
  9.
 Besoekers is verantwoordelik vir alle toerusting in die eenhede wat hulle huur en moet enige artikels wat breek of tydens hulle besoek wegraak, vergoed 
 10.
 Aanmeld tye: Vanaf 14:00 gedurende weeksdae en vanaf 16:00 oor naweke
 11.
 Vertrek tye: Voor 10:00 vm asseblief
 12.
 Samewerking van besoekers word gevra om alle gebreke of foute wat in die eenhede of op die terrein opgemerk word, dadelik on die Trust se aandag te bring.
 13.
 Geen lee bottels, houers of ander vullis mag op die terrein gestrooi word nie. Plaas dit asseblief in die houers wat vir die doel aangebring is.
 14.
 Besoekers moet by hul vertrek die sleutels van hulle eenheide by die Ontvangskantoor te Boomplaatsweg 35 inhandig.
 15.
 Geen troeteldiere of enige petrol- of battery aangedrewe en of ongelisensieerde voertuie word by die Villa toegelaat nie.
 16.
 Daar mag slegs op die aangewese vuurmaakplekke vuur gemaak word.  Geen vure mag op die grond gemaak word nie.
 17.
 Besoeke deur kuiergaste moet vooraf gereel word en slegs vanaf 08:00 tot 23:00 toegelaat. Besoekers gaste se voertuie moet by die aangewese parkeerarea parkeer word.  Die koste van besoekers wat oorslaap beloop R100 per persoon en sal van die sleutel en breekskade deposito verhaal word. Die verslag van die opsigter in die verband sal finaal wees.
 18.
 Kru taalgebruik soos vloek of skelwoorde word nie toegelaat nie.
 19.
 Geen diskriminasie teen enige persoon op grond van ras of geslag word toegelaat nie.
 20.
 Balspele, fietse en skaatse word nie by die erf van die Villa toegelaat nie.  Voldoende ruimte bestaan daarvoor op die strand en wandelpaaie.

Ons vertrou dat u die tydjie hier sal geniet - Kom gerus weer !!!