Double-click to start typing
Double-click to start typing
Double-click to start typing
Double-click to start typing
Double-click to start typing
Double-click to start typing

Villa Bouillon

Selfsorg Vakansie 
Akkomodasie

WATER EN SONVERHITTING

Tans het ons soveel reen gekry dat waterbeperkinge in die nabye toekoms nie nodig sal wees nie ! - Tog doen ons 'n beroep op u om water asseblief so spaarsamig moontlik te gebruik !

Agtergrond tot Moontelike Waterbeperkinge

As gevolg van onvoorsiene klimaatstoestande gebeur dit soms dat waterbeperkinge deur die Munisipaliteit ingestel word.  Hierdie beperkinge kan eienaars soms noop om self ongewilde maatreels te tref.  By Villa Bouillon probeer ons hierdie dramatiese ingrype so ver moontlik te beperk maar moet tog ook soms op tree om nie in die spervuur van die Munisipaliteit te beland nie.


Die ergste wat byvoorbeeld kan gebeur is dat 'n perseel se watermeter vervang word met 'n meter wat slegs 'n beperkte hoeveelheid liter water per dag deur laat.  Om dit te voorkom mag dit nodig word om die groter eenhede soos Albatros, Visarend, Oester en Katvis wat elk oor twee vol badkamers beskik, se een badkamer toe te maak.  

Indien dit werklik nodig word, word sulke besluite met omsigtigheid geneem en het u as gas verseker 'n inspraak om te besluit watter badkamer gesluit moet word.  Sou dit wel gebeur sal die aangeleetnheid by ontvangs met u bespreek word.  Ons vertrou dat u hierdie ernstiger maatreels so min a s moontlik nodig sal wees maar as dit wel gebeur dat u tog begrip vir ons kritiese watersituasie sal he.


Ten einde die stygende koste van elektriese krag teen te werk is vier sonpanele ge-installeer.  Hierdie panele is ontwerp m.b.v. sonenergie die warmwater-stelsel te verhit.  Die 8 geysers is egter steeds gekoppel aan ESKOM krag wat die water soggens en saans van 4 - 10 sal verhit.  Hierdie tye is gedurende Desember spits seisoen getoets en het 100% voldoende gewerk.